1 Samuel 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel vir Saul: Bly, dan sal ek jou vertel wat die HERE in hierdie nag vir my gesê het. En hy sê vir hom: Sê maar.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop sê Samuel vir Saul: “Wag ’n bietjie, laat ek jou vertel wat die Here laas nag vir my gesê het!” “Wat was dit?” vra Saul.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.
Afrikaans 1983 En Samuel sê vir Saul: “Bly stil! Laat ek jou vertel wat die Here vannag vir my gesê het.” Saul sê toe vir hom: “Praat maar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Samuel vir Saul: “Hou op, dat ek aan jou kan bekend maak wat die Here vannag vir my gesê het.” Waarop Saul vir hom sê: “Praat!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel sê toe vir Saul: “Bly stil. Ek sal vir jou sê wat die Here gisteraand vir my gesê het.” Saul het gesê: “Goed, ek luister.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bly stil,” sê Samuel vir Saul. “Kom ek sê vir jou wat die Here vannag vir my gesê het.” “Ja, sê maar,” sê Saul.