1 Samuel 15:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Samuel vroeg opstaan om Saul die oggend te ontmoet, is dit aan Samuel meegedeel en gesê: Saul het by Karmel gekom, en kyk, hy het vir hom 'n plek ingerig, en hy het rondgetrek en verder gegaan en afgegaan na Gilgal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vroeg die volgende môre het Samuel vir Saul gaan soek. Iemand sê vir hom: “Saul is Karmel toe om ’n gedenkteken vir homself op te rig. Hy het toe omgedraai en Gilgal toe gegaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom 'n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal. |
| Afrikaans 1983 | Die oggend het Samuel hom vroeg klaargemaak om Saul te ontmoet. Iemand het vir Samuel vertel: “Saul het by Karmel gekom en nogal vir homself 'n gedenkteken opgerig. Daarna het hy omgedraai en is hy verby na Gilgal toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het vroeg die oggend opgestaan om Saul te gaan ontmoet. Samuel is meegedeel: “Saul het in Karmel aangekom, en hy het sowaar vir homself 'n gedenkteken opgerig. Toe het hy omgedraai en verder gegaan; hy is af na Gilgal toe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vroeg die oggend opgestaan om Saul te gaan ontmoet. Iemand het vir Samuel gesê: “Saul het na Karmel-berg gekom, en weet jy wat het hy gedoen? Hy het vir homself 'n gedenkteken ingeplant. Daarna het hy verder gegaan na die stad Gilgal.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vroeg die môre opgestaan om Saul te gaan sien. Die mense sê toe vir hom: “Saul het Karmel toe gegaan om daar vir homself ’n monument op te sit. Daarvandaan is hy hier verby af Gilgal toe.” |