1 Samuel 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit berou my dat ek Saul as koning aangestel het, want hy het van my afgewyk en my gebooie nie uitgevoer nie. En dit het Samuel bedroef; en hy het die HERE die hele nag aangeroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek is spyt daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy was ontrou aan My en ongehoorsaam aan my opdragte.” Samuel was baie ontsteld hieroor en het die hele nag lank by die Here gepleit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep. |
| Afrikaans 1983 | “Ek is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.” Samuel was ontsteld en hy het die Here die hele nag om uitkoms gesmeek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek is spyt dat Ek Saul as koning aangestel het, want hy het van My af weggedraai en my opdragte nie uitgevoer nie.” Samuel was ontsteld en het die hele nag na die Here om hulp geroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek is jammer dat Ek vir Saul koning gemaak het, want hy was ontrou, hy het nie gedoen wat Ek gesê het nie.” Samuel was baie bekommerd en ontsteld. Hy het die hele nag tot die Here gebid en gevra dat die Here hom moet help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek is jammer Ek het vir Saul laat koning maak, want hy luister nie na My nie en doen nie wat Ek vir hom sê nie.” Samuel was baie ongelukkig daaroor en hy het dwarsdeur die nag ernstig gebid. |