1 Samuel 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Samuel het ook vir Saul gesê: Die HERE het my gestuur om jou te salf om koning te wees oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n dag sê Samuel vir Saul: “Ek het jou as koning oor Israel gesalf omdat dit die Here se opdrag aan my was. Luister nou na die boodskap van die Here: |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het vir Saul gesê: “Dit is vir my wat die Here gestuur het om jou tot koning oor sy volk Israel te salf. Luister nou na die woorde van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het vir Saul gesê: “Vir my het die Here gestuur om jou as koning te salf oor sy volk Israel. Luister dan nou na die woorde van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het vir koning Saul gesê: “Die Here het my gestuur om jou te salf sodat jy koning kan wees oor sy volk Israel. Nou moet jy luister na wat die Here sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het vir Saul gaan sê: “Ek is die man wat die Here gestuur het om jou koning te maak oor sy mense, die Israeliete. Luister nou mooi wat het die Here gesê. |