1 Samuel 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jónatan: Kyk, ons sal na hierdie manne oorgaan, en ons sal onsself aan hulle ontdek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Goed dan,” sê Jonatan. “Ons sal oorgaan sodat hulle ons kan sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Jonatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon. |
| Afrikaans 1983 | Jonatan sê toe vir hom: “Nou toe, kom ons gaan in hulle rigting sodat hulle ons kan sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Jonatan: “Dis reg; dan gaan ons oor na die manne, maar ons sorg dat hulle ons sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jonatan: “Wanneer ons opgaan na hulle toe, dan moet ons só loop dat hulle ons sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Goed,” sê Jonatan, “kom ons loop só na daardie manne toe dat hulle ons sien. |