1 Samuel 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan sê vir die jongman wat sy wapenrusting gedra het: Kom, laat ons oortrek na die wagpos van hierdie onbesnedenes; deur min.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kom ons gaan oor na hierdie heidene toe,” sê Jonatan vir sy wapendraer. “Dalk help die Here ons. Hy kan tog deur baie of deur min die oorwinning gee!”
Afrikaans 1933/1953 Jonatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
Afrikaans 1983 Jonatan het vir sy wapendraer gesê: “Kom ons gaan oor na die patrollie van hierdie heidene toe. Miskien sal die Here ons help. Hy kan red, deur baie of deur min.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan sê toe vir die jong man wat sy wapens dra: “Kom ons gaan oor na die garnisoen van hierdie onbesnedenes. Miskien help die Here ons, want daar is vir die Here geen beperking om deur baie of deur min te verlos nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het vir sy wapendraer gesê: “Kom ons gaan op na daardie heidene toe. Miskien sal die Here ons help, want niks kan die Here keer wanneer Hy iemand wil red nie. Hy gebruik baie mense of min mense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan sê toe vir sy wapendraer: “Kom ons gaan na die wagte van daardie klomp heidene. Dalk help die Here ons. Dit maak mos nie saak of ons baie of min mense is nie, die Here kán ons laat wen.”