1 Samuel 14:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was hewige oorlog teen die Filistyne al die dae van Saul; en toe Saul 'n sterk man of 'n dapper man sien, het hy hom na hom geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens Saul se bewind was daar voortdurend oorlog tussen die Israeliete en die Filistyne. Wanneer Saul ’n dapper en sterk jong man sien, het hy hom in sy leër opgeneem.
Afrikaans 1933/1953 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n held of 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.
Afrikaans 1983 Gedurende die hele bewind van Saul was daar gedurig oorlog teen die Filistyne, en Saul het elke sterk of dapper man van wie hy gehoor het, by hom laat aansluit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was hewige gevegte met die Filistyne solank Saul geleef het. Wanneer Saul enige heldhaftige of onverskrokke man gesien het, het hy dié by hom laat aansluit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die oorlog teen die Filistyne het aangehou so lank soos Saul koning was, en hy het elke man wat kon oorlog maak, saam met hom geneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Solank Saul geleef het, was daar groot gevegte met die Filistyne. Daarom het Saul elke man wat kon veg en wat nie bang was nie, as ’n soldaat gebruik.