1 Samuel 14:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die naam van Saul se vrou was Ahinoam, die dogter van Ahímaäs; en die naam van die leërowerste was Abner, die seun van Ner, Saul se oom.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul se vrou was Aginoam, dogter van Agimaäs. Die bevelvoerder van die leër was Abner, seun van Ner, ’n oom van Saul.
Afrikaans 1933/1953 En die naam van Saul se vrou was Ah¡noam, 'n dogter van Ah¡maäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.
Afrikaans 1983 Die naam van Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimaäs, en die hoof van Saul se leër was Abner seun van Ner, 'n oom van Saul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul se vrou se naam was Aginoam, dogter van Agimaäs. Die naam van die bevelvoerder van sy leër was Abner, seun van Ner, die oom van Saul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimaäs. Die hoof van Saul se leër was Abner. Abner se pa was Ner. Ner was Saul se oom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul was getroud met Aginaäm. Sy was die dogter van Agimaäs. Die naam van Saul se generaal was Abner. Abner was sy neef. Hy was Ner se seun.