1 Samuel 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die voorkant van die een was noordwaarts teenoor Migmas en die ander suidwaarts teenoor Gibea.
Afrikaans (NLV) 2011 Die krans aan die noordekant was teenoor Mikmas en die een aan die suidekant was teenoor Gibea.
Afrikaans 1933/1953 Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.
Afrikaans 1983 Die een spits het soos 'n pilaar aan die noordekant teenoor Mikmas gestaan, en die ander aan die suidekant teenoor Gibea.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een spits verrys aan die noordekant teenoor Migmas, en die ander aan die suidekant teenoor Geba.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die een rots het soos 'n pilaar gestaan, langs die noordekant van die bergpas, naby Mikmas, en die ander rots was langs die suidekant van die bergpas, naby Geba.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die spits rotskoppie is aan die noordekant duskant Mikmas, die ander een aan die suidekant duskant Gibea.