1 Samuel 14:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n leër bymekaargemaak en die Amalekiete verslaan en Israel verlos uit die hand van die wat hulle beroof het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was baie dapper en het die Amalekiete verslaan. Hy het Israel bevry uit die houvas van hulle plunderaars.
Afrikaans 1933/1953 En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.
Afrikaans 1983 Saul het dapper opgetree en die Amalekiete verslaan. Sodoende het hy Israel gered uit die mag van dié wat hom geplunder het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dapper opgetree en Amalek verslaan. Hy het Israel gered uit die hand van hulle plunderaars.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het sy manne geneem en hulle het die Amalekiete oorwin. So het hy die Israeliete gered van almal wat altyd hulle goed kom vat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was nie ’n bang man nie. Hy het die Israeliete vrygemaak van die Amalekiete wat hulle gedurig aangeval en hulle goed gevat het.