1 Samuel 14:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die volk vir Saul: Sal Jónatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? God verhoed dit: so waar as die HERE leef, geen haar van sy hoof sal op die grond val nie; want hy het vandag met God gewerk. En die manskappe het Jonatan gered, sodat hy nie gesterf het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die manskappe het tussen-beide gekom en vir Saul gesê: “Moet Jonatan, die een wat Israel vandag verlos het, sterf? Dit mag nie gebeur nie! So waar as die Here leef, geen haar aan sy kop sal aangeraak word nie. God het hom gebruik om vandag hierdie groot verlossing te bewerk.” Op dié manier het die manskappe vir Jonatan in die bres getree sodat hy nie doodgemaak is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jonatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die HERE leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jonatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar die manskappe sê vir Saul: “Moet Jonatan wat hierdie groot uitkoms vir Israel bewerk het, sterf? Beslis nie! So seker as die Here leef, daar sal vandag geen haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want met God se hulp het hy die Filistyne verslaan.” So het die manskappe vir Jonatan los gekry, en hy het nie gesterf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die manskappe het vir Saul gesê: “Moet Jonatan, wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het, sterf? Hoegenaamd nie! So waar as die Here leef, nie 'n haar van sy kop sal op die grond val nie! Want met God se hulp het hy dit vandag gedoen.” So het die manskappe Jonatan laat vrykom, en hy het nie gesterf nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die manne het vir Saul gesê: “Moet Jonatan sterf? Nee, nooit nie! Dit is hý wat die Israeliete gehelp het om te wen! So seker soos die Here lewe, daar sal nie een haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want God het hom gehelp.” So het die manne vir Jonatan gered. Hy het nie gesterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe sê die manskappe vir Saul: “Moet Jonatan wat die Israeliete so ver laat wen het, doodgemaak word? Dit sal die dag wees! So waar as die Here leef, niemand raak aan Jonatan nie, want wat hy vandag gedoen het, het hy net reggekry omdat God hom gehelp het!” So het die manne Jonatan van die dood gered. |