1 Samuel 14:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir Jónatan: Vertel my wat jy gedoen het. En Jónatan het hom vertel en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was, en kyk, ek moet sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê my wat het jy gedoen?” vra Saul vir Jonatan. “Ek het ’n bietjie heuning wat aan die punt van my stok was, geproe,” antwoord Jonatan. “Hier is ek! Ek is bereid om te sterf.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop vra Saul vir Jonatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jonatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.
Afrikaans 1983 en Saul het vir hom gesê: “Vertel my tog wat jy gedoen het.” Jonatan het vir hom vertel. Hy het gesê: “Ek het net met die punt van my kierie 'n bietjie heuning geproe. Maar ek is bereid om te sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Saul vir Jonatan: “Sê vir my wat jy gedoen het.” Jonatan het hom toe vertel. Hy het gesê: “Ek het maar net aan 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was. Hier is ek – ek sal sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul sê toe vir Jonatan: “Vertel vir my wat jy gedoen het.” Jonatan het vir hom gesê: “Ek het net 'n bietjie heuning geproe wat aan die punt van my kierie was. Hier is ek, ek sal sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul sê vir hom: “Vertel my wat jy gedoen het.” Jonatan vertel hom toe en sê: “Ek het maar net ’n bietjie heuning geproe met die punt van ’n stok. Moet ek nou daaroor doodgemaak word?”