1 Samuel 14:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Saul aan die HERE, die God van Israel, gesê: Gee 'n volmaakte lot. En Saul en Jónatan is gevange geneem, maar die manskappe het vrygekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het gebid: “O Here, God van Israel, gee tog duidelikheid.” Jonatan en Saul is deur die lot aangewys, maar die manskappe was onskuldig.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Saul aan die HERE: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jonatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.
Afrikaans 1983 Saul het vir die Here gevra: “God van Israel, gee tog 'n beslissing.” Jonatan en Saul is aangewys, en die manskappe is van blaam onthef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul sê toe vir die Here: “God van Israel, gee duidelikheid! ” Jonatan en Saul is uitgewys, en die manskappe was vry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir die Here gesê: “God van Israel, sê vir ons die waarheid, sê wie is skuldig.” Die Here het gesê dit is Jonatan of Saul, nie die manne nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Saul vir die Here: “God van Israel, gee tog vir ons ’n duidelike antwoord.” Jonatan en Saul is toe geloot; die manskappe was vry.