1 Samuel 14:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir die hele Israel: Wees aan die een kant, en ek en my seun Jonatan sal aan die ander kant wees. Toe sê die manskappe vir Saul: Doen wat goed is in jou oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Saul vir al die Israeliete: “Ek en Jonatan sal hier eenkant staan, en julle daar anderkant.” Die bevelvoerders het ingestem.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jonatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.
Afrikaans 1983 Toe sê hy vir die hele Israel: “Julle moet eenkant toe staan. Ek en my seun Jonatan sal anderkant toe staan.” En die manskappe sê vir Saul: “Maak soos u goedvind.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hy vir die hele Israel: “Staan julle aan die een kant, dan sal ek en my seun Jonatan aan die ander kant staan.” Die manskappe het Saul geantwoord: “Doen wat goed is in u oë!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir al die Israeliete gesê: “Julle moet hier staan, en ek en my seun Jonatan sal daar anderkant staan.” Die manne het vir Saul gesê: “Jy moet doen wat jy dink is reg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir al die Israeliete: “Staan julle daar, ek en my seun Jonatan sal hier staan.” “Dis goed so,” antwoord hulle vir Saul.