1 Samuel 14:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so waar as die HERE leef wat Israel verlos, al is dit in my seun Jonatan, hy sal sekerlik sterwe. Maar daar was nie 'n man onder die hele volk wat hom geantwoord het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek lê ’n eed af by die Naam van die Here wat Israel bevry het dat die skuldige sekerlik sal sterf, selfs as dit my eie seun Jonatan is!” Niemand het egter ’n woord geantwoord nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so waar as die HERE leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jonatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie. |
| Afrikaans 1983 | Al is dit ook my seun Jonatan moet hy sekerlik sterwe, so seker as wat die Here leef, Hy wat vir Israel red.” Maar geen enkele manskap het vir Saul geantwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so waar as die Here leef, Hy wat Israel verlos – selfs as dit deur my seun Jonatan gedoen is, moet hy beslis sterf. ” Maar van al die manskappe het nie een hom geantwoord nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die man wat die sonde gedoen het, sal sterf, dit is seker, so seker soos die Here lewe, Hy wat vandag vir Israel gered het. Die man sal sterf, ook as dit my seun Jonatan is.” Nie een van die manne het hom geantwoord nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want sowaar as die Here, die Helper van Israel, leef, die een wat dit gedoen het, moet doodgemaak word, al is dit ook my seun Jonatan.” Maar niemand wou iets vir Saul sê nie. |