1 Samuel 14:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het vir God raad gevra: Sal ek agter die Filistyne aan trek? sal U hulle in die hand van Israel gee? Maar hy het hom nie daardie dag geantwoord nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul vra toe vir God: “Moet ons die Filistyne agtervolg? Sal U ons help om hulle te verslaan?” Maar God het nie geantwoord nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom die dag nie geantwoord nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Saul vir God gevra: “Moet ek die Filistyne agtervolg? Sal U hulle in Israel se mag oorgee?” Maar God het hom nie toe geantwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het God toe geraadpleeg: “Moet ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in die hand van Israel oorgee?” Maar God het hom daardie dag nie geantwoord nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het toe vir God gevra: “Moet ons die Filistyne gaan aanval? Sal U ons laat wen teen hulle?” Maar God het daardie dag nie vir Saul geantwoord nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul vra toe vir God wat hy moet doen: “Moet ek agter die Filistyne aangaan in die vlakte? Sal U hulle aan Israel oorgee?” Maar God het hom glad nie geantwoord nie. |