1 Samuel 14:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan en hulle buit tot môrelig toe, en laat ons nie een van hulle agterlaat nie. En hulle sê: Doen alles wat goed is in jou oë. Toe sê die priester: Laat ons tot God nader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna sê Saul: “Laat ons die Filistyne die hele nag deur agtervolg en plunder, en elkeen van hulle van kant maak.” Sy manskappe antwoord hom: “Ons sal doen soos wat u goeddink.” Maar die priester sê: “Laat ons eers vir God vra.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Saul gesê: “Laat ons die Filistyne vannag agtervolg. Laat ons hulle plunder tot môre ligdag. Ons moenie een van hulle laat oorbly nie.” Die manskappe sê toe: “Maak soos u goedvind.” Maar die priester antwoord: “Laat ons God hier raadpleeg!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het gesê: “Ons moet in die nag aftrek agter die Filistyne aan, tot ligdag toe onder hulle buit maak, en niemand onder hulle laat oorbly nie.” Die manskappe het gesê: “Doen wat goed is in u oë!” Maar die priester het gesê: “Laat ons hier eers tot God nader.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Saul gesê: “Kom ons gaan vannag en ons veg teen die Filistyne en vat hulle goed. Ons moet aanhou tot die oggend, ons moenie een van hulle laat aanhou lewe nie.” Die manne het gesê: “Jy moet doen wat jy dink is reg.” Maar die priester het gesê: “Ons moet eers hier voor God kom staan en vir Hom vra wat ons moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul sê toe: “Ons gaan vannag in die vlakte agter die Filistyne aan. Ons vat hulle goed, jaag hulle tot die son uitkom en maak dan die laaste een dood.” “Maak soos u goeddink,” antwoord die manskappe. Maar die priester sê: “Kom ons hoor net eers wat God daarvan sê.” |