1 Samuel 14:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul: Versprei julle onder die volk en sê vir hulle: Bring vir my elkeen sy bees en elkeen sy kleinvee, en slag hulle hier en eet; en sondig nie teen die HERE deur met die bloed te eet nie. En die hele volk het daardie nag elkeen sy bees saamgebring en hulle daar geslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan sê dan vir die manskappe: ‘Bring elkeen sy slagding hierheen, grootvee of kleinvee, en slag hulle hier sodat die bloed kan uitloop. Moenie teen die Here sondig deur die vleis te eet terwyl die bloed nog daarin is nie.’” Toe het die manskappe die diere gebring en daar geslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die HERE deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag. |
| Afrikaans 1983 | Verder het Saul gesê: “Loop tussen die manskappe deur en sê vir hulle: Elkeen moet sy bees of stuk kleinvee na my toe bring en op die klip slag en dan gaan eet, sodat hulle nie teen die Here sondig deur by die bloed te eet nie.” Daardie nag het al die manskappe elkeen self sy bees gebring en daar by Saul geslag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het ook gesê: “Beweeg tussen die manskappe deur en sê vir hulle, ‘Elkeen moet sy bees of stuk kleinvee hier na my toe bring en dit hier slag en eet, sodat julle nie teen die Here sondig deur dit met bloed en al te eet nie.’ ” Al die manskappe het toe daardie nag elkeen sy bees saamgebring en dit daar geslag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet julle vir al die manne sê elkeen moet sy bees of sy skaap bring en hy moet dit hier slag en eet. Hulle moenie sonde doen teen die Here nie, hulle moenie vleis eet wat vol bloed is nie.” Al die manne het toe in die nag hulle diere gebring en daar geslag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarop sê hy: “Laat weet al die manskappe: Elkeen moet sy bees of skaap hier na my toe bring en dit op hierdie klip slag. Dan kan julle eet en nie teen die Here sondig met die bloed van die diere nie.” Daardie aand het elkeen wat ’n dier wou slag, dit na die groot klip gebring en dit daar geslag. |