1 Samuel 14:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle dit aan Saul vertel en gesê: Kyk, die volk sondig teen die HERE deurdat hulle met die bloed eet. En hy sê: Julle het oortree; rol vandag vir my 'n groot klip.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand sê toe vir Saul: “Kyk, die manskappe sondig teen die Here deur vleis te eet wat nog bloederig is.” “Dit is baie verkeerd,” sê Saul. “Kry ’n groot klip en rol dit tot hier.
Afrikaans 1933/1953 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die HERE deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.
Afrikaans 1983 Daar is toe aan Saul gesê: “Die manskappe sondig teen die Here deur by die bloed te eet.” Toe sê hy: “Julle doen verkeerd. Rol dadelik 'n groot klip na my toe!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul is meegedeel: “Kyk, die manskappe is besig om teen die Here te sondig deur vleis met bloed en al te eet.” Toe sê hy: “Julle was ontrou. Rol dadelik 'n groot klip na my toe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand het vir Saul gaan sê: “Jy moet kyk, die manne doen sonde teen die Here, hulle eet vleis wat vol bloed is.” Saul het gesê: “Julle is ontrou aan die Here. Julle moet vandag 'n groot klip hiernatoe rol.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand gaan sê toe vir Saul: “Die mense sondig teen die Here as hulle die vleis eet voor die bloed teen ’n altaar uitgegooi is.” “Julle doen verkeerd,” sê Saul, “rol dadelik ’n groot klip nader.”