1 Samuel 14:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk het op die buit gevlieg en skape en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die volk het dit saam met die bloed geëet.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen die aand het hulle op die buit toegeslaan en skape, beeste en kalwers geslag en dit geëet sonder dat hulle eers die bloed laat uitloop het.
Afrikaans 1933/1953 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet.
Afrikaans 1983 Hulle het op die buit toegesak en kleinvee, beeste en kalwers gevat en op die grond geslag en sommerso by die bloed geëet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en het op die buit toegesak. Hulle het kleinvee, beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag. Hulle het dit met bloed en al geëet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het van die skape en bokke en beeste gevang wat hulle gevat het van die Filistyne. Hulle het die diere op die grond geslag en hulle het die vleis geëet wat vol bloed was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hulle teen die aand op die goed toegesak wat hulle van die Filistyne afgeneem het. Hulle het van die skape en bokke, koeie en kalwers gegryp en dit op die grond geslag en geëet sonder dat die bloed teen ’n altaar uitgegooi is.