1 Samuel 14:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ahia, die seun van Agitub, die broer van Ikabod, die seun van Pinehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, met 'n skouerkleed. En die volk het nie geweet dat Jónatan weg was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met hom was ook Agija die priester wat die skouerkleed gedra het. Hy was die seun van Agitub, die broer van Ikabod. Agitub was die seun van Pinehas en die kleinseun van Eli, wat die priester vir die Here in Silo was. Niemand het agtergekom dat Jonatan weg was uit die kamp van die Israeliete nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ah¡a, die seun van Ah¡tub, die broer van Ikabod, die seun van P¡nehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jonatan weggegaan het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die priester Agija seun van Agitub, broer van Ikabod seun van Pinehas, seun van Eli wat priester van die Here in Silo was, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jonatan weggegaan het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agija, seun van Agitub, die broer van Ikabod, seun van Pinehas, seun van Eli, die priester van die Here in Silo, het toe die efod gedra. Ook die manskappe het nie geweet dat Jonatan gegaan het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agija het die skouer-kleed aangehad. Hy was die seun van Agitub, die broer van Ikabod. Ikabod was die seun van Pinehas, en Pinehas was die seun van Eli, die priester van die Here in Silo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | saam met die priester Agija, wat vir die Here moes vra wat hulle moet doen. Niemand het geweet dat Jonatan weg was nie. (Agija was een van die priesters van Silo. Sy pa was Agitub, Ikabod se broer. Sy oupa was Pinehas, Eli se seun.) |