1 Samuel 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jónatan: My vader het die land in beroering gebring; kyk tog hoe my oë verlig is, omdat ek 'n bietjie van hierdie heuning geproe het.
Afrikaans (NLV) 2011 “My pa het dit vir die hele land moeilik gemaak!” sê Jonatan. “So ’n bevel skep net probleme vir ons almal. Ek het nou sommer baie meer energie noudat ek hierdie bietjie heuning geëet het!
Afrikaans 1933/1953 En Jonatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.
Afrikaans 1983 Maar Jonatan sê: “My pa het 'n ramp oor die land gebring. Kyk net, ek het nuwe krag gekry omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Jonatan: “My pa dompel die land in ellende. Kyk tog: My oë het opgehelder omdat ek aan hierdie bietjie heuning geproe het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het gesê: “My pa bring die dood oor die land. Kyk, ek het van die heuning geproe en ek voel nou baie beter.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “My pa het die land baie skade aangedoen,” antwoord Jonatan. “Kyk hoe blink my oë nadat ek net ’n bietjie heuning geproe het.