1 Samuel 14:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord een van die manskappe en sê: Jou vader het die volk streng besweer en gesê: Vervloek is die man wat vandag iets eet! En die mense was flou.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van die manskappe het gesien wat hy doen en sê: “Jou pa het die manskappe ’n streng eed laat aflê dat elkeen wat vandag iets eet, vervloek sal wees. Dis hoekom almal moeg en flou voel.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.
Afrikaans 1983 Een van die manskappe sê toe vir hom: “Jou pa het die manskappe 'n streng eed opgelê en gesê: ‘'n Ramp tref dié een wat vandag iets eet.’ Daarom is die manskappe nou uitgeput.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van die manskappe reageer toe en sê: “Jou pa het die manskappe streng onder eed geplaas deur te sê, ‘Vervloek is die man wat vandag iets eet.’ Dit is waarom die manskappe moeg geword het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die manne het vir hom gesê: “Jou pa het gesê die manne mag nie vandag eet nie, en die man wat eet, sal sterf. Nou is die manne swak van die honger.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die manskappe praat toe met hom daaroor: “Jou pa het ons die dood voor oë gesweer en gesê: ‘Die man wat vandag iets eet, sal doodgemaak word.’ Daarom is die manskappe so gedaan.”