1 Samuel 14:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die volk besweer het nie; daarom het hy die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand na sy mond gelê; en sy oë was verlig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jonatan was nie bewus daarvan dat sy pa ’n eed afgelê het nie. Hy steek toe die punt van sy stok in die heuning en eet daarvan. Daarna het hy sterker gevoel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jonatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword. |
| Afrikaans 1983 | Jonatan het egter nie gehoor toe sy pa die leër die eed opgelê het nie. Hy het die punt van sy kierie in 'n heuningkoek gesteek en daarvan geëet. Dit het hom nuwe krag gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jonatan het egter nie gehoor toe sy vader die manskappe 'n eed opgelê het nie. Hy het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek, dit in 'n heuningkoek gedoop en dit met sy hand na sy mond gebring. Sy oë het daarvan opgehelder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jonatan het nie gehoor toe sy pa dit vir die manne gesê het nie. Hy het 'n kierie by hom gehad. Hy het die kierie se punt in die heuning gesteek en hy het die heuning afgelek. Hy het dadelik baie beter gevoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Jonatan was nie by toe sy pa dit vir die manskappe gesê het nie. Hy steek die kierie wat hy in sy hand het se punt in ’n heuningkoek en lek dit af. Sy oë het sommer weer geblink. |