1 Samuel 14:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die manskappe in die bos kom, het die heuning gedrup; maar niemand het sy hand aan sy mond gelê nie, want die volk was bang vir die eed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die manne in die bos kom, het dit gedrup van heuning, maar niemand het sy mond daaraan gesit nie weens die eed wat hulle opgelê is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed. |
| Afrikaans 1983 | Toe die manskappe in die bos kom, het dit sommerso gedrup van die heuning en tog het niemand sy mond aan iets gesit nie, want die manskappe was bang vir die eed wat hulle opgelê is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manskappe by die bos aankom, is daar sowaar heuning in oorvloed! Maar niemand het daaraan geraak nie, want die manskappe was bang vir die eed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die manne in die bos kom, sien hulle daar drup baie heuning, maar niemand het daarvan geëet nie, want hulle was bang vir wat Saul gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die manne deur die bos gaan, sien hulle die vet heuningkoeke, maar niemand het dit gewaag om daaraan te proe nie, want hulle was bang oor die eed wat Saul gesweer het. |