1 Samuel 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so het al die manne van Israel wat hulle in die gebergte van Efraim weggekruip het, toe hulle hoor dat die Filistyne gevlug het, hulle ook hard agter hulle aan in die geveg gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israelitiese vegters wat in die heuwels weggekruip het, sien die Filistyne vlug, het hulle ook die vyand agtervolg.
Afrikaans 1933/1953 Toe al die manne van Israel wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het die hulle ook in die geveg agternagesit.
Afrikaans 1983 Al die Israeliete wat in die Efraimsberge weggekruip het, het gehoor dat die Filistyne vlug en het hulle agterna gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manne van Israel wat in die heuwelland van Efraim weggekruip het, het gehoor dat die Filistyne vlug, en ook hulle het in die geveg aan die hakkejag deelgeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete wat weggekruip het in die Efraim-berge, het gehoor dat die Filistyne gevlug het. Hulle het ook die Filistyne gevolg en gejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die burgers van Israel wat in die Efraimsberge gaan wegkruip het, het gehoor dat die Filistyne aan die vlug is. Ook húlle het die Filistyne gejaag.