1 Samuel 14:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Hebreërs wat voor daardie tyd by die Filistyne was, wat saam met hulle na die laer opgetrek het van die omliggende land af, hulle het ook omgedraai om by die Israeliete te wees wat by Saul en Jónatan was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs die Hebreërs wat voorheen die Filistyne gesteun het, het oorgeloop na die Israeliete wat by Saul en Jonatan was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jonatan was. |
| Afrikaans 1983 | Boonop het die Hebreërs wat voorheen saam met die Filistyne se leër opgetrek het, oorgeloop na die Israeliete toe wat by Saul en Jonatan was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die Hebreërs wat vroeër by die Filistyne aangesluit het, wat van oraloor saam met hulle in die leër opgetrek het, selfs hulle was gereed om aan te sluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jonatan was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Hebreërs wat voorheen saam met die Filistyne was en wat saam met hulle gekom het om oorlog te maak, het nou na die Israeliete toe gekom wat by Saul en Jonatan was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hebreeuse huursoldate wat vroeër altyd vir die Filistyne geveg het en wat saam met hulle in die kamp was, het hulle by die Israeliete onder Saul en Jonatan aangesluit. |