1 Samuel 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Saul met die priester spreek, het die geraas wat in die leër van die Filistyne was, toegeneem en toegeneem, en Saul sê vir die priester: Trek jou hand terug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Saul nog met die priester praat, het die geraas in die Filistynse kamp al harder geword. Daarom sê Saul vir Agija: “Laat staan maar!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug! |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Saul nog met die priester aan die praat was, het die rumoer in die laer van die Filistyne steeds groter geword. Toe sê Saul vir die priester: “Laat staan maar!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Saul nog met die priester praat, raak die opskudding wat in die kamp van die Filistyne heers, al hoe erger. Saul sê toe vir die priester: “Hou jou hand terug!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Saul was besig om met die priester te praat, toe hoor hulle die Filistyne skree harder en harder en hulle sien dat die Filistyne heen en weer hardloop. Saul sê toe vir die priester: “Los die kis.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar terwyl Saul nog met hom praat, word die geraas in die Filistyne se kamp al groter. Saul sê vir die priester: “Los maar die ark!” |