1 Samuel 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir die manskappe wat by hom was: Tel tog en kyk wie van ons weg is. En toe hulle getel het, was Jónatan en sy wapendraer nie daar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak seker wie van ons mense is nie hier nie,” beveel Saul. Hulle stel toe vas dat Jonatan en sy wapendraer nie daar was nie.
Afrikaans 1933/1953 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jonatan en sy wapendraer daar nie was nie.
Afrikaans 1983 het Saul vir die manskappe by hom gesê: “Stel dadelik vas wie van ons is weg.” Hulle het vasgestel Jonatan en sy wapendraer is nie daar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het vir die manskappe by hom gesê: “Monster die manne, en kyk wie van ons af weggegaan het.” Hulle hou toe 'n monstering en sowaar, Jonatan en sy wapendraer is nie daar nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het gesê: “Tel hoeveel manne hier is en kyk wie is nie hier nie.” Hulle het getel, en hulle het gesien Jonatan en sy wapendraer was nie daar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het vir die manskappe by hom gesê: “Kyk wie van ons is nie hier nie.” Hulle kom toe agter dat Jonatan en sy wapendraer nie daar is nie.