1 Samuel 14:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wagte van Saul in Gíbea in Benjamin het gekyk; en kyk, die skare het weggesmelt, en hulle het aangehou om mekaar te verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul se wagte by Gibea in Benjamin het gesien dat die Filistynse magte in alle rigtings uitmekaarspat.
Afrikaans 1933/1953 En toe die spioene van Saul in G¡bea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,
Afrikaans 1983 Toe die wagte van Saul by Gibea in Benjamin sien dat die menigte in beroering is en in die rondte maal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul se verkenners by Gibea in Benjamin sien toe: Kyk, die massa mense spat uiteen in alle rigtings!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul se wagte in Gibea in die land Benjamin het gesien dat die Filistyne vlug en dat hulle heen en weer hardloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die verkenners van Saul by Gibea in Benjamin het laat weet dat die kamp in rep en roer is.