1 Samuel 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het bewing gekom in die leër, in die veld en onder die hele volk: die wagpos en die verwoesters het ook gebewe, en die aarde het gebewe;
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het paniek onder die Filistyne ontstaan, onder dié wat in die kamp was en dié in die veld. Selfs die buiteposte en die roofbendes was vreesbevange. Daar was ook ’n groot aardbewing sodat almal nog banger geword het.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit 'n skrik van God geword het.
Afrikaans 1983 Toe het die hele leër van die vyand paniekbevange geword, in die laer en in die veld; die patrollie en die roofbende het ook paniekbevange geword: daar was 'n aardbewing en God het hulle paniekbevange gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het vrees veroorsaak in die kamp en in die veld, ja, onder al die manskappe. Die garnisoen en die stroperbendes, selfs hulle was aan die bewe. Die land het gesidder; dit was 'n vrees wat van God kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne in die kamp het almal baie bang geword, en die Filistyne wat goed moes bymekaarmaak om weg te vat, het gebewe. Almal in die land was baie bang, want hulle het groot geskrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paniek het onder die Filistyne in die kamp losgebreek. Dié wat in die veld was, die ander wagte wat uitgesit was en die manskappe wat die Israeliete moes beroof, het hulle ook lam geskrik. Toe daar nog ’n aardbewing ook kom, was hulle doodbenoud.