1 Samuel 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer geantwoord en gesê: Kom op na ons toe, dan sal ons julle iets te kenne gee. En Jónatan sê aan sy wapendraer: Trek op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe roep hulle na Jonatan: “Kom op hierheen sodat ons vir julle ’n les kan leer!” Jonatan sê vir sy wapendraer: “Kom, klim net agter my aan, want die Here gee hulle oor in ons mag!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne van die wagpos het Jonatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê Jonatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel gegee. |
| Afrikaans 1983 | En die manne van die patrollie het vir Jonatan en sy wapendraer uitgedaag: “Kom op na ons toe dat ons julle 'n les kan leer.” Jonatan het vir sy wapendraer gesê: “Klim agter my aan! Die Here het hulle in die mag van Israel oorgegee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van die garnisoen skreeu toe vir Jonatan en sy wapendraer. Hulle het gesê: “Klim op na ons toe, sodat ons julle 'n les kan leer. ” Daarop sê Jonatan vir sy wapendraer: “Klim op agter my aan, want die Here gee hulle in die hand van Israel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van die groep Filistyne het vir Jonatan en sy wapendraer gesê: “Kom op na ons toe, ons sal vir julle wys wie is die sterkste.” Toe sê Jonatan vir sy wapendraer: “Kom saam met my, want die Here sal ons laat wen teen hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom op hier na ons toe,” skree hulle vir Jonatan en sy wapendraer,” dan wys ons julle ’n ding of twee!” “Volg my,” sê Jonatan vir sy wapendraer, “die Here het hulle aan die Israeliete oorgegee.” |