1 Samuel 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as hulle so sê: Kom op na ons toe; dan sal ons optrek, want die HERE het hulle in ons hand gegee, en dit sal vir ons 'n teken wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as hulle sê: ‘Kom op hierheen,’ dan gaan ons op na hulle toe. Dit sal die teken wees dat die Here hulle aan ons oorgegee het.”
Afrikaans 1933/1953 Maar as hulle so sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die HERE hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.
Afrikaans 1983 Maar as hulle vir ons sê: ‘Kom op na ons toe,’ gaan ons na hulle toe, want dan sal dit vir ons die teken wees dat die Here hulle in ons mag gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as hulle sê, ‘Kom op na ons toe!’ dan gaan ons op, want dan gee die Here hulle in ons hand. Dit sal vir ons die teken wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as hulle vir ons sê: ‘Kom op na ons toe,’ dan moet ons opgaan, want dit sal vir ons wys dat die Here ons sal laat wen teen hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as hulle sê: ‘Klim op hier na ons toe,’ dan klim ons op, want dan is dit vir ons die teken dat die Here hulle aan ons oorgegee het.”