1 Samuel 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op 'n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die jongman wat sy wapenrusting gedra het, gesê: Kom, laat ons oortrek na die wagpos van die Filistyne wat anderkant is. Maar hy het dit nie vir sy pa vertel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag sê Saul se seun Jonatan vir sy wapendraer: “Kom ons gaan oorkant toe na die Filistyne se wagpos.” Jonatan het nie vir sy pa gesê wat hy gaan doen nie.
Afrikaans 1933/1953 En op 'n dag het Jonatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.
Afrikaans 1983 Op 'n dag sê Jonatan seun van Saul toe vir sy wapendraer: “Kom ons gaan oor na die patrollie van die Filistyne toe daar oorkant.” Hy het dit egter nie vir sy pa vertel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op 'n dag sê Jonatan, seun van Saul, vir die jong man wat sy wapens dra: “Kom ons gaan oor na die garnisoen van die Filistyne daar oorkant.” Maar vir sy vader het hy dit nie vertel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het Jonatan seun van Saul vir sy wapendraer gesê: “Kom, ek wil hê ons moet die Filistyne gaan aanval wat daar oorkant wagstaan.” Jonatan het nie vir sy pa vertel wat hy wou doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag sê Jonatan, Saul se seun, vir sy wapendraer: “Kom ons gaan daar oorkant na die Filistyne se wagte toe.” Maar hy het nie vir sy pa gesê hy gaan dit doen nie.