1 Samuel 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sewe dae gebly volgens die vasgestelde tyd wat Samuel bepaal het; maar Samuel het nie in Gilgal gekom nie; en die volk is van hom af verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos afgespreek, het Saul sewe dae daar vir Samuel gewag, maar hy het nie opgedaag nie. Die manskappe het intussen begin dros.
Afrikaans 1933/1953 En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak,
Afrikaans 1983 Hy het sewe dae gewag, die tyd soos afgespreek met Samuel, maar Samuel het nie by Gilgal opgedaag nie. Toe die manskappe wat by Saul was, begin dros het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sewe dae lank gewag vir die vasgestelde tyd waarvan Samuel gepraat het, maar toe Samuel nie in Gilgal opdaag nie, het die manskappe van Saul af gedros.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het gesê Saul moet sewe dae vir hom wag, en Saul het dit gedoen. Maar Samuel het nie na Gilgal gekom nie. Toe Saul se manne begin wegloop,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het sewe dae gewag soos Samuel met hom afgespreek het. Maar toe Samuel nie opdaag nie, het die mense van Saul af begin wegloop.