1 Samuel 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die Hebreërs het oor die Jordaan getrek na die land Gad en Gílead. Wat Saul betref, hy was nog in Gilgal, en die hele volk het hom bewend gevolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige het deur die Jordaanrivier gegaan en na die gebied van Gad en Gilead gevlug. Intussen het Saul in Gilgal vertoef terwyl sy manskappe van vrees gebewe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en G¡lead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het. |
| Afrikaans 1983 | En sommige Hebreërs het deur die Jordaan gegaan na Gad en na Gilead toe. Saul was egter nog in Gilgal en al die manskappe by hom was doodbang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die Hebreërs het die Jordaan oorgesteek na die landstreke van Gad en Gilead. Saul was egter nog in Gilgal. Al die manskappe het hom bewend gevolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Hebreërs het oor die Jordaan-rivier gegaan na die land Gad en die land Gilead. Saul was nog in Gilgal, en al die manne by hom was baie bang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Hebreeuse huursoldate het padgegee na die streke van Gad en Gilead oorkant die Jordaan. Saul het in Gilgal agtergebly. Die mense wat nog by hom was, was doodbang. |