1 Samuel 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood was (want die volk was benoud), het die volk hulle verberg in grotte en in ruigtes en in rotse en op hoogtes en in kuile. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete hierdie groot leër sien, het hulle paniekbevange geword en in gate, grotte, grafkelders, rotsskeure en droë putte probeer wegkruip. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is -- want die volk was in die noute gedruk -- het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile. |
| Afrikaans 1983 | Israel het gemerk dat hy in die moeilikheid is, want die volk was in 'n hoek vasgekeer. Die volk het in spelonke, grotte, hol kranse, gate en droë putte gaan wegkruip. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Israel sien toe dat daar vir hulle moeilikheid wag, want die manskappe was vasgekeer. Die manskappe het toe in grotte, klipskeure, rotswande, grafte en opgaarputte gaan wegkruip. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het besef dat hulle probleme het. Daarom het hulle weggekruip in grotte en tussen doringbosse en rotse, en in plekke onder die grond en in gate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die gewone burgers van Israel sien dat hulle in die moeilikheid is en dat hulle in ’n hoek is, het hulle oral gaan wegkruip: in grotte, rotsskeure, klowe, gate en droë putte. |