1 Samuel 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg, dertigduisend strydwaens en sesduisend ruiters en manskappe soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan in Migmas, oos van Bet-Aven. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyne het ’n groot mag bymekaargemaak: 3 000 oorlogwaens, 6 000 perderuiters en voetsoldate soveel as die sand aan die see. Hulle het by Mikmas, oos van Bet-Awen, kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: drie duisend strydwaens en ses duisend perderuiters en voetgangers soos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos van Bet-Awen. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: dertig afdelings strydwaens en ses afdelings perderuiters en manskappe so baie soos die sand van die see. Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan by Mikmas oos van Bet-Awen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het saamgetrek om teen Israel te veg met dertig afdelings strydwaens, ses afdelings perderuiters en manskappe so talryk soos die sand wat langs die seestrand is. Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan in Migmas, oos van Bet-Awen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het ook bymekaargekom om oorlog te maak teen die Israeliete. Hulle het 1 000 oorlogkarre en 6 000 manne op perde gehad en nog baie ander manne, so baie soos die sand langs die see. Hulle het gekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Mikmas naby Bet-Awen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het hulle gereedgemaak vir oorlog teen die Israeliete. Hulle het by Mikmas, oos van Bet-Awen, saamgetrek met 30 afdelings strydwaens, ses afdelings perderuiters en soveel gewone burgers as wat daar sandkorrels op die seestrand is. |