1 Samuel 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele Israel het gehoor dat Saul 'n wagpos van die Filistyne verslaan het, en dat Israel ook 'n gruwel gehad het met die Filistyne. En die manskappe is saamgeroep agter Saul aan na Gilgal.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal in Israel het gehoor dat Saul die garnisoen van die Filistyne verslaan en so hulle die onguns van die Filistyne op die hals gehaal het. Daarom is almal in Israel opgeroep om hulle agter Saul te skaar en in Gilgal saam te trek.
Afrikaans 1933/1953 En die hele Israel het hoor sê: Saul het die wagpos van die Filistyne verslaan, en ook het Israel homself gehaat gemaak by die Filistyne. So is dan die manskappe opgeroep agter Saul aan na Gilgal toe.
Afrikaans 1983 Die hele Israel het gehoor dat Saul die wagpos van die Filistyne oorrompel het en dat Israel in onguns gebring was by die Filistyne. Die manskappe is bymekaargeroep by Saul in Gilgal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die hele Israel is die nuus versprei: “Saul het die Filistynse wagpos aangeval; maar wat erger is, Israel is veragtelik gemaak by die Filistyne.” Die manskappe is toe opgeroep na Saul in Gilgal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete het gehoor dat Saul die Filistyne oorwin het wat waggestaan het. Hulle het ook gehoor dat die Filistyne nou baie kwaad is vir die Israeliete. Daarom het Saul gesê die manne moet bymekaarkom by die stad Gilgal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die boodskap wat by al die Israeliete uitgekom het, was: “Saul het die wagte van die Filistyne aangeval en die Filistyne is nou baie kwaad vir die Israeliete.” Die gewone burgers is toe ook opgeroep om by Saul in Gilgal aan te sluit.