1 Samuel 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan het die wagpos van die Filistyne wat in Geba was, verslaan, en die Filistyne het daarvan gehoor. En Saul het op die basuin geblaas deur die hele land en gesê: Laat die Hebreërs hoor!
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan het die garnisoen Filistyne by Gibea aangeval en verslaan. Die nuus het vinnig onder die Filistyne versprei. Saul het oor die hele land op die ramshoring laat blaas om die Hebreërs vir oorlog op te roep.
Afrikaans 1933/1953 En Jonatan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele land om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor!
Afrikaans 1983 Toe Jonatan die Filistynse wagpos wat in Gibea was, oorrompel het, het die Filistyne daarvan gehoor. Saul het oor die hele land die ramshoring laat blaas om die Hebreërs op te roep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan het die Filistynse wagpos wat in Gibea was, aangeval, en die Filistyne het daarvan te hore gekom. Saul het in die hele land op die •ramshoring laat blaas om te laat weet: “Die Hebreërs moet dit hoor!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het die Filistyne oorwin wat by die stad Geba moes wagstaan, en die ander Filistyne het gehoor wat gebeur het. Saul het toe gesê sy manne moet ramshorings blaas oral in die land en hulle moet vir die Hebreërs sê dat hulle moet luister.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan het die wagte van die Filistyne in Gibea aangeval. Die Filistyne het ook gehoor dat Saul al die Hebreeuse huursoldate in die land opgeroep het.