1 Samuel 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die dag van die geveg was daar geen swaard of spies in die hand van enige van die manskappe wat by Saul en Jónatan was nie; maar by Saul en by sy seun Jónatan is daar gevind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis hoe dit gekom het dat niemand in Israel ’n swaard of ’n spies in oorlogtyd gehad het nie, behalwe Saul en Jonatan. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en Jonatan was nie; maar by Saul en sy seun Jonatan was dit wel te vinde. |
| Afrikaans 1983 | So het dit dan gebeur dat in die oorlogstyd nie een van die manskappe by Saul en Jonatan 'n swaard of 'n spies gehad het nie; net Saul en sy seun Jonatan het wapens gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So kom dit dat, in 'n tyd van oorlog, daar nie 'n swaard of vegspies te vinde was in die hande van enige van die manskappe wat by Saul en Jonatan was nie. Saul en sy seun Jonatan het wel wapens gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het nie een van die manne by Saul en Jonatan 'n swaard of 'n spies gehad toe die oorlog begin het nie. Net Saul en sy seun Jonatan het 'n swaard en 'n spies gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die oorlog uitbreek, het nie een van die burgers wat by Saul en Jonatan aangesluit het, ’n swaard of ’n spies gehad nie. Net Saul en sy seun Jonatan het elkeen ’n swaard en ’n spies gehad. |