1 Samuel 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het 'n vyl gehad vir die stokke en vir die kouters en vir die vurke en vir die byle en om die stokke skerp te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die prys was een derde sikkel silwer vir ploegskare, pikbyle, drietandvurke, byle en so ook om osprikkels skerp te maak.
Afrikaans 1933/1953 so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak.
Afrikaans 1983 Dit was die geval met die skerpmaak van ploegskare, skoffelpikke, drietandvurke en byle en ook met die regmaak van osprikkels.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die fooi daarvoor was 'n pim vir 'n ploegskaar, 'n bylpik en 'n drietandvurk, asook vir byle en die herstel van 'n osdrywerstok.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moes vir die Filistyne een derde sikkel silwer gee vir elke ploeg-yster en pik en vurk en byl wat hulle skerpgemaak het, ook vir die punte van die stokke waarmee hulle die beeste aangejaag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die prys was twee stukkies silwer vir die regmaak van ’n ploegskaar en ’n pik, en een stukkie silwer vir ’n vurk en ’n byl en die ysterpunt van ’n osdrywerstok.