1 Samuel 13:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar al die Israeliete het afgegaan na die Filistyne om elkeen sy deel en sy skuts en sy byl en sy stok skerp te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Gevolglik, wanneer die Israeliete hulle ploegskare, skoffelpikke, byle of ander gereedskap moes skerp maak, moes hulle dit na die Filistyne toe neem om skerp gemaak te word.
Afrikaans 1933/1953 Daarom moes al die Israeliete na die Filistyne afgaan om elkeen sy kluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te maak --
Afrikaans 1983 Daarom moes elke Israeliet na die Filistyne toe gaan om sy ploegskaar of skoffelpik of byl of ander gereedskap te laat slyp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel moes na die Filistyne afgaan, elkeen om sy ploegskaar, sy bylpik, sy dissel of sy sekel te laat slyp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete moes na die Filistyne toe gaan om hulle ploeg-ysters en pikke en byle te laat skerpmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete moes maar elke keer na die Filistyne toe gaan om hulle ploegskare, pikke, byle of sekels te laat regmaak.