1 Samuel 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Saul het vir hom drieduisend man uit Israel gekies; waarvan twee duisend by Saul was in Migmas en op die berg Bet-el, en duisend by Jónatan in Gíbea in Benjamin; en die res van die manskappe het hy elkeen na sy tent gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 toe het hy vir hom 3 000 manskappe uit Israel gekies en die res huis toe gestuur het. 2 000 van hulle was by hom by Mikmas en in die heuwelagtige omgewing van Bet-El gestasioneer. Die ander 1 000 was saam met sy seun Jonatan in Gibea in Benjamin.
Afrikaans 1933/1953 het Saul vir hom drie duisend man uit Israel uitgesoek; en by Saul was twee duisend in Migmas en op die gebergte van Bet-el, en duisend was by Jonatan in G¡bea in Benjamin; maar die orige manskappe het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe.
Afrikaans 1983 toe kies hy vir hom drie afdelings uit Israel uit. Twee afdelings was by hom in Mikmas en in die bergwêreld van Bet-El. Een afdeling was by Jonatan in Gibea in Benjamin. Saul het die res van die manskappe huis toe gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het vir hom drieduisend man uit Israel gekies. Tweeduisend was by Saul in Migmas en in die bergland by Bet-El, en eenduisend was by Jonatan in Gibea in Benjamin. Die res van die manskappe het hy weggestuur, elkeen na sy woonplek toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het drie groepe manne gekies uit die Israeliete. Twee groepe was by Saul by die stad Mikmas en op die berg by Bet-El, en een groep was by Jonatan by die stad Gibea in die land Benjamin. Saul het die ander manne laat teruggaan na hulle huise.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die begin het Saul vir hom 3 000 van die Israeliete uitgesoek as sy soldate. Hy het 2 000 van hierdie troepe by hom in Mikmas en in die bergwêreld om Bet-El gehou, en 1 000 van hulle het hy by Jonatan in Gibea van Benjamin laat bly. Die res van die volk het hy huis toe gestuur.