1 Samuel 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was geen smid in die hele land van Israel te vinde nie, want die Filistyne het gesê: Dat die Hebreërs nie vir hulle swaarde of spiese maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In daardie dae was daar geen smede in Israel nie, want die Filistyne het gesê: “Dalk maak die Hebreërs swaarde of spiese!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak. |
| Afrikaans 1983 | Daar was geen smid in die hele Israel nie, want die Filistyne het gesê die Hebreërs sal swaarde of spiese maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was nie 'n enkele grofsmid te vinde in die hele land Israel nie, want die Filistyne het gesê: “Anders maak die Hebreërs swaarde of vegspiese.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die hele land Israel was daar nie een ambagsman nie, want die Filistyne het gesê: “As hier ambagsmanne is, dan sal die Hebreërs swaarde en spiese laat maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die hele gebied van Israel was daar niemand wat met yster kon werk nie, want die Filistyne het gesê: “Ons laat dit nie toe nie, anders maak die Hebreërs swaarde en spiese.” |