1 Samuel 13:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul en sy seun Jónatan en die manskappe wat by hulle was, het in Gíbea in Benjamin gebly, maar die Filistyne het laer opgeslaan in Migmas.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul en sy seun Jonatan met die manskappe by hulle was in Gibea, in Benjamin. Die Filistyne se kamp was nog steeds by Mikmas.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne by Migmas laer opslaan,
Afrikaans 1983 En terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe by hulle in Gibea in Benjamin was, was die Filistynse kamp nog steeds by Mikmas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe wat nog by hom was, in Geba in Benjamin gebly het, het die Filistyne kamp opgeslaan in Migmas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy en sy seun Jonatan en die manne by hulle het in Gibea in die land Benjamin gebly. Die Filistyne se tente was in Mikmas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul en sy seun Jonatan en die manskappe het in Gibea in Benjamin gebly. Die Filistyne se kamp was nog in Mikmas.