1 Samuel 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Samuel het opgestaan en hom van Gilgal af opgetrek na Gíbea in Benjamin. En Saul het die manskappe getel wat by hom was, omtrent seshonderd man.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Samuel vanaf Gilgal na Gibea in Benjamin gegaan. Saul het die manskappe by hom getel, en dit was net 600!
Afrikaans 1933/1953 Toe het Samuel klaargemaak en opgegaan van Gilgal na G¡bea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom aanwesig was, omtrent ses honderd man.
Afrikaans 1983 Samuel het daarna opgestaan en van Gilgal af na Gibea in Benjamin toe vertrek. Saul het toe die manskappe wat nog by hom was, getel: omtrent ses honderd man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Samuel opgestaan en van Gilgal af opgegaan na Gibea in Benjamin. Saul het die manskappe wat nog by hom was, gemonster, ongeveer seshonderd man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het toe opgestaan en hy het weggegaan van Gilgal. Hy het na die stad Gibea in die land Benjamin gegaan. Saul het die manne getel wat by hom was. Daar was omtrent 600 manne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel het toe opgestaan en weggeloop. Saul het van Gilgal na Gibea in Benjamin opgegaan. Daar het hy die manskappe getel wat nog by hom was: daar was omtrent 600 van hulle oor.