1 Samuel 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou sal jou koninkryk nie bestaan nie: die HERE het vir hom 'n man na sy hart gesoek, en die HERE het hom beveel om owerste oor sy volk te wees, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou sal jou koningskap nie voortduur nie, want die Here het reeds ’n man na sy hart gesoek. Die Here het hom alreeds gekies om koning oor sy volk te wees, want jy het nie die bevele van die Here gehoorsaam nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die HERE het vir Hom 'n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou sal jou koningskap nie bestendig word nie. Die Here sal vir Hom 'n man na sy hart soek. Die Here sal hóm aanstel as regeerder oor sy volk, want jy het nie gedoen wat die Here jou beveel het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou sal jou koningskap nie standhou nie. Die Here het vir Hom 'n man na sy hart uitgesoek, en die Here het hom as leier volmag oor sy volk gegee, omdat jy dit wat die Here jou beveel het, nie nagekom het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou sal jy nie lank koning wees nie. Die Here het vir Hom 'n man gesoek van wie Hy hou. Die Here het gesê daardie man sal koning word oor sy volk, want jy het nie gedoen wat die Here gesê het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou sal jou koningskap nie langer bestaan nie. Die Here het klaar vir Hom ’n man uitgesoek van wie Hy baie hou en Hy het hóm as leier van sy volk gekies, want jy het nie gedoen wat die Here vir jou gesê het nie.” |