1 Samuel 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ek gesê: Die Filistyne sal nou op my afkom na Gilgal, en ek het die HERE nie gesmeek nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het ek gedink: ‘Die Filistyne gaan teen my in Gilgal optrek, en ek het nog nie die Here om hulp gevra nie!’ Ek het toe verplig gevoel om die brandoffer self te bring, aangesien u nog nie gekom het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring. |
| Afrikaans 1983 | en toe dink ek: die Filistyne sal nou-nou teen my afkom na Gilgal toe en ek het nog nie aan die Here 'n offer gebring nie. Toe het ek dit gewaag om self die brandoffer te bring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het ek gedink: Nou gaan die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, terwyl ek nog nie die Here se guns gesoek het nie. Ek het toe moed bymekaargeskraap en die brandoffer geoffer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het gedink hulle sal hier na Gilgal kom voordat ek vir die Here 'n offer gebring het en vir Hom gevra het om te help. Ek het toe self die brand-offer ge-offer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het ek gedink: die Filistyne gaan hier in Gilgal op my toesak voordat ek die Here gevra het om my te help. Ek het my toe maar sterk gehou en die brandofferdier geoffer.” |