1 Samuel 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Samuel: Wat het jy gedoen? Toe sê Saul: Omdat ek gesien het dat die manskappe van my af verstrooi was en dat jy nie binne die vasgestelde dae gekom het nie, en dat die Filistyne by Migmas vergader het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Samuel sê vir hom: “Wat het jy nou aangevang?” Saul antwoord hom: “Ek het gesien hoe my manskappe dros terwyl die Filistyne by Mikmas saamgetrek het, maar u daag nie op soos ons afgespreek het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom, |
| Afrikaans 1983 | Samuel vra hom toe: “Wat het jy aangevang?” En Saul het gesê: “Ek het gesien die manskappe loop van my af weg, en u het nie opgedaag op die tyd wat ons afgespreek het nie. Die Filistyne het bymekaargekom by Mikmas, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Samuel het gesê: “Wat het jy gedoen?” Waarop Saul toe antwoord: “Omdat ek gesien het dat die manskappe van my af gedros het, dat u self nie op die vasgestelde tyd opgedaag het nie, en dat die Filistyne by Migmas saamgetrek het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het gevra: “Wat het jy gedoen?” Saul het gesê: “Jy het gesê ek moet sewe dae vir jou wag, maar jy het nie gekom nie. Ek het gesien die manne begin wegloop. Die Filistyne is bymekaar in Mikmas, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat het jy gedoen?” vra Samuel. “Ek het gesien die mense begin wegloop toe u nie op die afgespreekte tyd hier is nie,” antwoord Saul, “en omdat die Filistyne by Mikmas saamgetrek is, |